Norges billigste bøker

Indrukke

- Die Ondersoeker

Om Indrukke

Terwyl die Astra verder deur die reën en donkerte kleef, kon LenD nie verhelp om met weemoed aan sy kinderdae te dink nie. Hy dink aan die gereëlde staptogte vanaf Mooidraai na die bewaarskool met sy moeder en terug huis toe. Hy dink ook aan die staptogte na die skool en terug, asook die berge en klowe te Mooidraai, wat sy speelterreine was. Hy dink aan die gesprekke van sy moeder met God terwyl hulle op pad was na die bewaarskool en terug na Mooidraai. Hy dink ook aan sy vader wat die familie 15 jaar gelede na 'n kort siekbed ontval het. Ja, die sterk Christelike karakter van sy vader wat deur die jare 'n onuitblusbare indruk op hom en die res van die familie gemaak het, 'n man wat 'n byna unieke filosofiese manier van die daaglikse lewensomgang en interpretasie van die Christelike leer gehad het." Met hierdie boekie neem skrywer die lesers saam met LenD, die hoof karakter op 'n geheue toer wat strek vanaf LenD se kind en daaropvolgende grootmens stadiums. Hoewel die karakters in hierdie boekie fiktief van aard is, is die gebeure en situasies wat deur hul uitgebeeld word, so eie aan mens wees en herinner dit ons aan ons eie doel en verantwoordelikhede in die lewe. Hiermee bied die kort en doelgerigte hoofstukkies ook die leser die geleentheid om introspeksie in sy of haar eie verlede en hede te maak. As oud Speurder vind skrywer dit ook nie moeilik om vlees te gee aan die karakter en beroep van LenD nie. Wie dan anders ken dié leefwyse beter as diegene met soortgelyke beroeps en lewens ervaringe? Dalk kom u ook uit 'n familie met hul eie lief en leed, en of woon u dalk in omstandighede, of het u self ook in omstandighede u bevind wat nie altyd so rooskleurig was of is nie. Die karakters in hierdie boekie konfronteer ons verder met gebeure en mense soos ons self. Dit is dan ook dié gebeure en verloop van omstandighede tydens LenD se reis deur die lewe wat skrywer deur middel van INDRUKKE met ons op 'n humoristiese, maar tog ook op 'n ernstige toon deel. U sal vind dat van die hoofstukkies dalk direk tot u spreek. Die skrywer, Les Davids is self 'n Ondersoeker, Regsgeleerde, Reisiger, oud inwoner en boorling van Stellenbosch in die Westelike Provinsie. Hy is tans woonagtig en werksaam in Pretoria saam met sy vrou Mary. As deel van sy beroep deurkruis hy die land op 'n gereelde basis. Dit is dan ook hierdie reise met gepaardgaande blootstelling aan verskillende mense en situasies wat skrywer geïnspireer het om hierdie boekie aan die lesers te bring. Gordel dus vas en geniet hierdie leesstof en vorm dan ook, u eie INDRUKKE...

Vis mer
  • Språk:
  • Afrikaans
  • ISBN:
  • 9798375522609
  • Bindende:
  • Paperback
  • Sider:
  • 156
  • Utgitt:
  • 24. mars 2023
  • Dimensjoner:
  • 140x216x8 mm.
  • Vekt:
  • 186 g.
Leveringstid: 2-4 uker
Forventet levering: 5. juni 2026

Beskrivelse av Indrukke

Brukervurderinger av Indrukke

Finn lignende bøker
Boken Indrukke finnes i følgende kategorier:

Gjør som tusenvis av andre bokelskere

Abonner på vårt nyhetsbrev og få rabatter og inspirasjon til din neste leseopplevelse.