Norges billigste bøker

Bøker av Juleandré Bianchi

Filter
Filter
Sorter etterSorter Populære
  • av Juleandré Bianchi
    173,-

    Onbewus van haar ware herkoms, is Diana van Varenberg 'n lewenslustige, uitgesproke jong meisie wat lief is vir vinnige motors en voel op haar gemaklikste in haar denim klere. Haar ma, Jessica, wat die geheim al vir amper een en twintig jaar bewaar, word genoop om haar die waarheid te vertel toe Diana haar meedeel dat die studente DNS-monsters van hul familie moet neem en navorsing doen oor hulle voorgeslagte. Hoe gaan haar dogter op die nuus reageer wanneer sy uitvind dat dokter Jean-Claude van Varenberg nie haar biologiese pa is nie? Toe Diana uitvind haar biologiese vader is oorlede nog voor haar geboorte, én dat hy die seun was van Charissa Maranzano, die koningin van Mardevino eiland in die Mediterreense See, spat die vonke behoorlik. Hoogs ontsteld en kwaad vir haar ouers, klim sy in haar kar en ry sommer net 'n koers in.Sy daag by die huis op na 'n nag van ontberinge en is verras om haar koningin-ouma en lyfwag by haar ouerhuis aan te tref. Die koningin oorreed Diana en haar gesin om saam met haar na Mardevino te vertrek. Die aantreklike hertog Renaldo de Castelano slaan Diana se voete onder haar uit. Vir beide is dit liefde met die eerste oogopslag. Een intrige volg op die ander en plaas druk op Dia en Renaldo se verhouding. Koningin Charissa se gesondheid gaan vinnig agteruit en sy besluit om haar koninklike pligte neer te lê en aan Diana oor te gee. Gaan die bewoners van Mardevino die uitgesproke, lewenslustige dogter van hulle geliefde prins Alex aanvaar as hulle nuwe koningin?

  • av Juleandré Bianchi
    125

    Die drieling-susters Luna, Diana en Irene kan van kleins af dinge doen wat ander kinders nie kan nie. Een van die spesiale gawes is, dat hulle met enige seedier kan kommunikeer, en hulle is baie lief vir water. Daar word gedurig met hulle daaroor gespot, tot hulle ma besluit die drie is nou oud genoeg om by die ander van hulle soort aan te sluit. Hulle word na 'n pragtige sprokieskasteel aan die voet van die Meru-gebergte gestuur. Luna, die oudste van die drieling, het 'n vurige humeur wat haar gereeld in die warmwater laat beland. Kort na hulle aankoms by die kasteel, spat die vonke tussen haar en die arrogante Seth Rowlands, een van die kasteelbewoners. Hulle kom gou agter dat almal wat hier woon, net soos hulle, spesiale magte besit. Hulle vind ook tot hulle verbasing uit hulle pa nie oorlede is soos wat hulle nog al die jare geglo het nie, maar Poseidon, die seegod, is hulle pa. 'n Foto laat die susters lelik kopkrap en baie ander vrae duik die een na die ander op.Gaan die susters antwoorde op hulle vrae kry, of gaan dit 'n misterie bly?

  • av Juleandré Bianchi
    117

Gjør som tusenvis av andre bokelskere

Abonner på vårt nyhetsbrev og få rabatter og inspirasjon til din neste leseopplevelse.