Norges billigste bøker

Bøker av Adam Small

Filter
Filter
Sorter etterSorter Populære
  • av Adam Small
    286,-

    Cooper has a problem.He's separated from his family and lost in a whole new world that's scary and unfamiliar.He meets Vera and Buddy. They're dogs. He's an alligator. In his quest to blend in, he proclaims "I'm a dog too" and thus begins the story of Cooper the Dog.As he grows into a full size alligator, can he keep up the charade or will his new family see him for who, or in this case, what he really is?

  • av Adam Small
    198,-

    Na veertig jaar is daar weer 'n Afrikaanse digbundel deur Adam Small. Na Oos Wes Tuis Bes Distrik Ses (1973) het hy demonstratief net in Engels begin dig, en na sy drama Krismis van Map Jacobs (1983) het sy skrywerstem stil geword. Daar was altyd die vermoede dat hierdie stilte grootliks toegeskryf kon word aan die verwerping wat hy aan die hand van taalgenote ervaar het. Verlede jaar is die Hertzogprys uiteindelik aan hom toegeken, en vanjaar verskyn nie net hierdie digbundel nie, maar ook sy Afrikaanse drama Goree, wat in 1978 in Engels geskryf is. Small gee in die titelgedig van die bundel te kenne dat Klawerjas 'n uitvloeisel is van 'n bestaanswyse, 'n uiting gee aan die gewaarwording dat hy te midde van soveel armoede en verknegting een van diegene is wat darem nog woorde het "e;wat aftas teen die mure van ons donker kamers van bestaan, al soekend na die deure, openinge na die lig"e;. Hy voeg sy stem by Van Wyk Louw en verklaar dat hy te midde van onreg nie juis anders kan nie as om te skryf, te praat en te probeer oorreed. Hy dig in di bundel: "e;Daar's di van ons wie nie sonder / posie kan leef nie. Niemand hoort sonder die ervaring van die ritmiese / golwing en osmose van die fyn-gekose / sin en woord."e; Maar wat hy vir homself toe-eien gun hy ook ander. Sy posie is dan juis ook gedigte vir ander, vir gewone mense. Hy skryf: "e;Daarom is dit vir 'n digter nodig / om telkemale 'n vers publiek / die lig te laat sien, posie toeganklik / te maak, en mense so te dien - soos / hierdie gedig-vol-dankbaarheid . . ."e;Hoewel hy in hierdie bundel in gesprek tree met mededigters, skrywers, filosowe en ander kunstenaars, skryf hy vanuit die oortuiging dat sy gedigte bestem is "e;vir gewoon-intelligente mense"e; en dat dit "e;hoegenaamd nie 'n vertoon van geleerdheid en obskure hoogdrawendheid moet wees nie"e;. Klawerjas bevat gedigte wat spreek van deurleefde ervaring, diepe oortuiging en 'n opregte meegevoel met die lot van die veronregtes. Dit is praatverse wat getuig van 'n fyn oor vir die musikaliteit van die alledaagse, die melodie wat spontaan en ongekunsteld opklink as jy die doodgewone in verwondering gade slaan.

Gjør som tusenvis av andre bokelskere

Abonner på vårt nyhetsbrev og få rabatter og inspirasjon til din neste leseopplevelse.